Kultuur & Projekte

Kuns

By Hartsies weet ons hoe om te dans, te sing en ons stemme dik te maak! Híer leer ons ook om kreatief te raak met ons eie koerant en fotokomitee.

Ons Melodrama is ‘n jaarlikse instelling met die koor as ‘n nuwe toevoeging. Ons neem aan die ATKV se Redenaars deel en kompeteer tydens die Interskole teen Vaalharts.
Ons neem ook aan die jaarlikse WOW-spelfees deel en leerders kan ook vir verskeie olimpiades inskryf.
Daar is ook Noodhulp vir leerders wat altyd regstaan vir aksie!

Melodrama

Redaksie

Skoolklok Redaksie

Hierdie spesiale publikasie word al vir meer as 30 jaar lank uitgegee by Hoërskool Hartswater. Dit is ‘n koerantjie vir Hartsies, wat deur Hartsies geskryf word.Elke jaar word die Gr 11s genooi om deel te vorm van die Hartsie Redaksiespan.

Hulle leer hoe om ‘n joernalis te wees, hoe om nuus in te win en hoe die publikasie van ‘n koerant werk. Op so manier stel die skool hulle bloot aan praktiese ervarings wat in werklike situasies gebruik kan word.

CSV

CSV is ‘n vrywillige, multikulturele, interkerklike Christelike eenheid wat deel vorm van Hoërskool Hartswater se fondasie. Die skool streef daarna om hierdeur leerders te bemoedig en bied riglyne om hulle te help om die uitdagings van die lewe aan te gryp en oorwin.

CSV is a voluntary, multicultural, interdenominational Christian unit that forms part of Hartswater High School’s foundation. The school strives to encourage learners through this and offers guidelines to help take on and overcome life’s challenges.

Doel van die VCSV: om ‘n lewende verhouding met Jesus te hé sodat kringleiers en die CSV lewens kan verander…. JOT onderwyser se passie is Jesus en tieners…haar doel is om hulle bymekaar uit te bring.kringleiers word bemagtig om dissipels van Jesus te wees….om te blom waar Hy hulle hier by Hoërskool Hartswater geplant het…ons hou Jesus real in ons skool deur praise en worships…weeklikse kringe…asook ander lekker aktiwiteite…

Cakes By Candlelight

Cakes by Candle Light is ‘n jaarlikse entrepreneurs -projek van die Graad 11 Verbruikerstudie groep om fondse vir apparaat in te samel.

Groepe kan inskryf en volgens die tema vd aand koeke bak wat dan beoordeel word op grond van voorkoms, tekstuur en smaak. Daar is beoordelaars maar ook word die “peoples favourite ” aangewys.
Dit is jaarliks ‘n hoogtepunt vir ‘n gesellige geleentheid vir leerders en ouers.

Pom-Poms

Vleisfees

"Fan Your Flames"

Dit is met groot trots en ‘n voorreg om hierdie jaar ons eerste, van nog baie om te volg, Vaalharts Vleisfees te kon aanbied op 14 Junie 2024.

Ons het heerlike, eksotiese vleisgeregte gehad om van te kies en keur.  Plaaslike uitstallers, kontantkroeg, kinder- en musiek-vermaak, wild karkasse veiling en soveel meer.

Ons hoof aantrekkingskrag vir die aand was natuurlik ons eerste “sculpture burn” wat gebasseer was op die skool se tema van die jaar, “You belong / Jy behoort”.

Graag bedank ons alle borge wat hierdie fees ‘n sukses help maak het:

  • GWK Landbou
  • Build It Hartswater
  • Niekerball Computers
  • Debbie’s Cakes & Printing
  • The Edge Health & Adventure Club
  • Edgevertise Marketing
  • Ama Glug Micaren Exel
  • Sloppy Joe Take Away
  • Barons Galley & Lodge
  • Ice Age Gourmet Ice
  • Nicks Midas
  • Bean Restaurant B&B
  • Mochachos Hartswater
  • BloomCo Farm Flowers
  • Hartswater Sport
  • Sky Eye Drone Services
  • Tadcaster Slaghuis

Dankie ook aan alle leerders, personeellid, SBL lid, bemarking span, skoonmakers, bouers, uitstallers en ander borge!  Julle beteken baie vir die groei van ons skool!

Sien julle 28 Junie 2025 weer!