Hoërskool Hartswater is in die hart van die pragtige Vaalhartsskema geleë, is in 1953 gestig en ons het in 2023 ons 70ste bestaansjaar gevier. Die skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding vir om en by 600 leerders. Dit is ons doelwit om elke leerder tot hul volle potensiaal te ontwikkel en die nodige leierskapsvaardighede, kennis en praktiese ondervinding te gee om verder te gaan studeer. Op só manier sal hulle die beroepslewe met vertroue kan betree. Ons wil ook hê dat leerders die lewe binne ‘n veilige omgewing sal geniet.

Die skool bied ‘n wye reeks vakkeuses asook ‘n verskeidenheid kultuur- en sportaktiwiteite aan. Hoërskool Hartswater is bekend vir sy uitstekende akademiese onderrig, onderrigfasiliteite asook ons opgeleide, gemotiveerde en entoesiastiese personeel. Ons tradisieryke geskiedenis en karaktervormende kultuurbeoefening, sportgeleenthede en skitterende uitslae sal sorg vir hope geleenthede en gesonde pret.

Laai Kalender Af

Laai die nuutste weergawe van die skool se kalender hier af.